Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Nuus / Oos-Rand-Beeld is 10 jaar oud!

Skole aan die Oos-Rand word genooi om in te skryf vir Oos-Rand-Beeld se groot koekbakkompetisie ter viering van die koerant se tiende bestaansjaar.

Die prysgeld vir die wenkoek deur ’n hoërskool is R 3 000 en dié deur ’n laerskool R 2 000.

Enige groep (van twee tot agt lede) kan inskryf – vriendekringe, verbruikerstudieleerlinge, skoolkoerantredaksies, leiers en selfs personeel. Lede van die groep moet self die koek ontwerp, bak en versier. Skole kan ook meer as een koek inskryf.

Die koeke moet Saterdagoggend, 18 Mei by die koerant se verjaardagviering by Mall@Carnival vertoon word vir die beoordeling. Die groep moet teenwoordig wees by die beoordeling. Die koeke gaan ná die beoordeling gesny en geëet word.

Koeke sal beoordeel word op grond van hoe dit smaak en die oorspronklikheid van die ontwerp en versiering. Die ontwerp en versiering moet aansluit by die tema: “Oos-Rand-Beeld is tien jaar oud”.

’n Foto van die twee wenkoeke en hul bakkers sal in Oos-Rand-Beeld se verjaardaguitgawe van 29 Mei gepubliseer word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April. Inskrywing is gratis.

Die prysgeld gaan aan die skool en nie aan die groep wat die wenkoek gebak het nie.

Klik hier vir 'n inskryfvorm.

Faks inskryfvorms na 086 219 0416 of stuur dit na oosbeeld@beeld.com met die woord “Koekbakkompetisie” en die skool se naam in die onderwerplyn.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom