Tuisblad / Nuus / Jy oortree dalk onbewustelik die wet

Ken jy Ekurhuleni se munisipale regulasies? Jy mag dalk vervolg word vir iets wat jy nie geweet het teen die wet is nie.

“Dit is belangrik dat inwoners hulself vergewis van regulasies,” het die metro dié week in ’n verklaring gesê.

’n Lisensie is byvoorbeeld nodig om ’n skoonheidsalon of ’n bewaarskool by jou huis te bedryf. As jy ’n swembad in jou agterplaas wil bou, moet jy eers toestemming kry.

Dit is ook teen die wet om gesnyde gras, olie, en sand in stormwaterpype te stort. Selfs om nié jou erf netjies te hou en die gras te sny nie, kan jou in die moeilikheid laat beland.

Daardie pretrit met jou motorfiets of kwadfiets in ’n openbare park kan jou ’n boete op die hals haal.

Rommelstrooi in strate en die storting van vullis op ’n plek buiten ’n goedgekeurde vullisterrein is verkeerd.

Straatverkopers wat sonder lisiensie op sypaadjies handel dryf of motors was in ’n openbare area of ’n park kan ook vervolg word.

Dit is ook teen die wet om in die openbaar te urineer.

Inwoners kan meer inligting oor munisipale regulasies by die metro se kliëntedienssentrums kry.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs