Tuisblad / Nuus / Eend-kuikens laat versorgers bontstaan

’n Groepie jong aankomelinge by die Wildlife in Crisis-rehabilitasiesentrum buite Springs laat personeel bontstaan.

’n Weldoener het Dinsdagoggend 16 nonnetjies-eend-kuikens by dié veilige hawe vir beseerde, siek en verwerpte diere kom aflaai.

Die kuikens, wat na raming een of twee dae oud was, het in ’n straat in die Alberton-omgewing gestap. Hul ma was nêrens te vind nie.

“Die kuikens moet ses keer ’n dag gevoer word, so dit gaan woes hier by ons,” het Judy Davidson, mede-eienaar van die sentrum, gesê.

Volgens Davidson gaan dit goed met die kuikens. Hulle sal nog per hand gevoer word tot hulle tussen drie en vier weke oud is.

Die kuikens word Avi Plus Hand rearing, wat alles bevat wat die kuikens nodig het om sterk te word, gevoer. Mense kan help deur dié spesiale produk, wat by troeteldierwinkels te kry is, aan die sentrum te skenk.

Intussen vreet 18 skilpaaie, wat deel van ’n hangende hofsaak is, die ander inwoners “uit die huis uit”, het Davidson bygevoeg.

“Die oudste van die klomp is 90 jaar oud. Enige groente en vrugte wat mense kan afstaan, sal help om hulle mae vol te hou.”

Kontak die sentrum by 072 124 4156.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs