Tuisblad / Vierde 100% op ry vir Stoffberg

Die Hoërskool Stoffberg in Brakpan het die vierde jaar op ’n ry ’n 100%-slaagsyfer in die matriekeindeksamen behaal.

Volgens Koos Boshoff, skoolhoof, begin die suksesverhaal van hul leerlinge reeds in gr.8 en gr.9.

Hy sê dít is die tyd waarin ’n sterk grondslag gelê word wat leerlinge help om die regte vakke vir gr.10 te kies.

“Ons skool beskik oor ’n baie toegewyde en gemotiveerde personeelkorps vir wie skoolhou ’n roeping en ’n passie is,” sê Boshoff. Hy meen die gr.12-personeellede is ervare en het oor die jare heen al verskeie pryse ontvang vir hul goeie uitslae.

“Daar word reeds in gr.11 aan sekere komponente van die gr.12-leerplan aandag gegee.

“Daar word ook ekstra klasse aangebied vir die leerlinge wat ekstra aandag benodig,” sê hy.

Boshoff dink hulle sal beslis weer aan die einde van vanjaar ’n 100%-slaagsyfer hê.

“Ons gaan nie afwyk van die resep van vorige jare nie, want dit het tot dusver uitstekend gewerk. Ons gaan dit nog net meer verryk en verfyn.”

Thinus van der Berg het die beste presteer met sewe onderskeidings.

Die Hoërskool Oosterlig in Boksburg het die tweede opeenvolgende jaar ’n 100%- slaagsyfer behaal.

Ivan Kotzé, wat nege onderskeidings behaal het, was die topleerling.

Pieda van Vreden, skoolhoof, beskryf dié skool se sukses as ’n spanpoging. “Die positiewe gesindheid van ons leerlinge maak dit baie maklik,” voeg hy by.

In Ekurhuleni het 23 577 leerlinge matriek geskryf en 19 707 van dié leerlinge het geslaag.

Ekurhuleni spog met ’n slaagpersentasie van 83,6%, effens hoër as verlede jaar se 82,5%. Gauteng se slaagpersentasie is 83,9%, 2,8% beter as 2011 se 81,1%.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs