Tuisblad / Nuus / Skilderye van Oos-Rand in wildtuin uitgestal

Sowat 25 skilderye van studente van The Paint Basket-kunsateljee in Boksburg is in Desember in die Krugerwildtuin uitgestal.

Monique van Wyk (26), kunsonderwyser by dié ateljee, sê die ateljee wou vir ’n slag meer doen as om net vir die lekker te verf.

“Ek het gedink ons moet iets anders doen en by liefdadigheid betrokke raak,” sê sy.

Met die renosters wat oral opspraak maak, het Van Wyk besluit om op dié kwessie te fokus.

Die skilderye is ’n week lank uitgestal.

Kinders van so jonk as nege tot mense in hul 60’s het aan die projek deelgeneem, vertel Van Wyk.

“Almal is baie opgewonde en ek het baie oproepe ontvang van mense om te hoor hoe dit met die uitstalling gaan.

“Ons wil graag geld insamel en bewustheid bevorder,” sê Van Wyk.

Hulle hoop om later vanjaar aan nog uitstallings deel te neem.

Die geld wat ingesamel word, sal aan Rhino SA geskenk word. Van Wyk sê hulle het reeds sowat R3 500 ingesamel.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Sondag 2013-05-26
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs