Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Sport / Brakpanner laat die stof staan in Dakar

Mens kan nie die gevoel beskryf as jy by die eindpunt aankom nie, sê Riaan van Niekerk (37) van Brakpan oor sy deelname aan die Dakar-tydren.

Van Niekerk (KTM) het 13de gekom in die motorfiets-afdeling.

Dit was die eerste keer dat Van Niekerk dié moordende ren, wat vanjaar van Peru tot Chili in Suid-Amerika gestrek het, aangepak het. Altesame 196 motorfietsryers het deelgeneem. Die totale afstand wat deelnemers moes aflê, was 8432 km.

“Ek het myself verbaas. Ek is baie tevrede met my 13e plek, veral omdat dit my eerste keer was,” het Van Niekerk vertel ’n dag ná sy aankoms terug in Suid-Afrika.

Wat veral moeilik was, is dat dit so lank neem, het hy bygevoeg.

“Mens besef nie hoe lank twee weke is nie. Mens slaap baie min en kry dit nie ingehaal nie. Alles is baie primitief, daar is min geriewe. En alles is vol stof.

“Die lekkerste van terugwees is om weer in jou eie bed te kan slaap.”

In uiterste omstandighede, waar die kwik in die Andes binne ’n kwessie van ’n dag tussen onder vriespunt en 46 grade Celsius wissel, het Van Niekerk, wat reeds vir 20 jaar professioneel deelneem, ’n lewenslange droom waargemaak.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom