Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Alberton-seun keer dat huis brand

Eers toe alles verby is, het Timothy Fouché binnetoe gegaan en sy oupa daarvan vertel.

Dié negejarige seun van Alberton het sy familie van ’n gewisse ramp gered. As dit nie vir sy dapper optrede was nie, sou die huise van sy ouers en grootouers waarskynlik in vlamme opgegaan het.

Dawid Fouché, Timothy se pa, vertel dat hy en sy vrou albei dié middag, ’n paar dae voor Kersfees, uithuisig was.

Hulle woon in ’n houthuis aan die bokant van Fouché se skoonouers se huis en Timothy en ’n maatjie het onder by sy skoonouers gespeel.

Timothy het geruik iets brand en toe hy ondersoek instel, het hy rook in sy oupa-hulle se kamer gesien. ’n Kussing wat teen ’n leeslamp beland het, het aan die brand geraak.

Timothy het blitsvinnig die brandende kussing gegryp, buitentoe gehardloop en die brand met die tuinslang geblus. Eers toe alles verby was, het hy binnetoe gegaan om sy oupa daarvan te vertel.

“As die vlamme versprei en teen die gordyne opgehardloop het, sou die hele huis in vlamme opgegaan het, veral omdat die boonste gedeelte van hout is,” vertel Dawid.

Op Oujaarsaand het Pieter Visser van die Alberton-brandweer aan Timothy ’n kenteken gegee vir sy heldhaftige optrede.

Timothy is in gr. 4 aan die Laerskool President Steyn in Alberton.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom