Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Nuus / Nuwe meterlesers binnekort aangestel

Die Ekurhuleni-metroraad het Donderdag aangekondig dat ’n nuwe diensverskaffer vir meterlesings vir water en elektrisiteit teen 1 Februarie aangestel sal word.

Die vorige diensverskaffer, Motla Consulting Engineers, se kontrak het op 31 Desember 2012 ten einde geloop.

Die DA het vroeër gewaarsku dat ’n krisis dreig omdat die metro nie betyds ’n tender toegestaan het nie.

“Die aanstelling van ’n nuwe verskaffer is vertraag as gevolg van ’n omsigtigheidsondersoek wat gedoen moes word in die lig van vorige ondervinding,” het Sam Modiba, woordvoerder van die metro, gesê.

“Die munisipliteit sal binne die volgende drie weke ’n aankondiging in die verband maak.

“Verbruikers kan steeds hul lesings telefonies of per e-pos na die toepaslike kliëntedienssentrum stuur. Waar lesings nie beskikbaar is nie sal tussentydse lesings vir rekeningdoeleindes gebruik word,” het hy bygevoeg.

Die metro het inwoners om verskoning gevra vir die ongerief wat in verband met meterlesings in die streek ondervind word.

Bruna Haipel, ’n DA-raadslid, het gesê raadslede ontvang daagliks oproepe van inwoners wat nie die vorige kontrakteur of die kliëntedienssentrums in die hande kan kry om lesings te rapporteer of te kontroleer nie.

“Dit is onbevoegdheid van die hoogste vlak dat die ANC weer eens nie betyds ’n kontrakteur aangestel het nie. Dieselfde het drie jaar gelede gebeur, met verskriklike gevolge.”

Sy het bygevoeg dat die metro herhaalde waarskuwings van die DA geïgnoreer het oor die chaotiese gevolge indien die tender nie op die laaste op 1 Januarie toegeken word nie.

Graham Gersbach, nog ’n DA-raadslid, het ’n inwoner aangehaal wat gesê het die metro het homself in die voet geskiet deur meterlesing in die eerste plek uit te kontrakteer, toe die kontrak te laat verval en nou probeer om die stukke op te tel met behulp van interne strukture wat nie meer bestaan nie.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom