Vrydag 18 April 2014
Tuisblad / Nuus / Ekurhuleni in syfers ná die feesseisoen

Sowat 24 000 voertuie is tussen 1 Desember 2012 en 3 Januarie 2013 in Ekurhuleni op kamera gevang vir spoed, meer as 10 000 boetes is uitgereik en ongeveer 13 jaagduiwels moet na verwagting in die nuwe jaar in die hof verskyn.

Dít is van die statistieke wat deur hoofsuperintendent Wilfred Kgasigo, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, bekend gemaak is.

Volgens Kgasigo is 279 mense in dié tyd gearresteer.

“Die syfer sluit gesoekte midadigers in, verdagtes wat in besit was van gesteelde goedere en ongelisensieerde vuurwapens en mense wat in besit was van gesteelde motors of dwelmmiddels,” het Kgasigo gesê.

Sowat 42 motorbestuurders is vir dronkbestuur gearresteer.

Padongelukke het 46 lewens geëis. Sewe van dié mense was voetgangers.

Ses mense is in ’n gru-ongeluk by die Geldenhuys-wisselaar op die N3 dood. Vier mense is dood in ’n kop-aan-kop-botsing in Elginweg in Kempton Park. Twee mense is dood in ’n ongeluk op die N12 by die Etwata-afrit.

Volgens William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni afdeling vir ramp-en-noodbestuur, het die Arrive Alive-veldtog ’n “groot verbetering” op die paaie teweeggebring.

 

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom