Tuisblad / Sport / Benoem kandidate vir sportpryse

Individue, klubs en organisasies word uitgenooi om kandidate te benoem vir die Ekurhuleni-sporttoekennings.

Dié toekennings is gemik daarop om sportprestasies in die streek te erken, maar ook om spelers te beloon wat die streek op nasionale vlak as professionele of amateurspelers verteenwoordig.

Sportlui wat in Ekurhuleni woon of wat in die streek by ’n sportklub of skool betrokke is, kan benoem word vir prestasies wat tussen Januarie en Desember 2012 bereik is.

Benoemings moet voor of op 10 Februarie gemaak word by een van die Ekurhuleni- sport-en-ontspanningkantore.

Kategorieë waarvoor benoemings gemaak kan word is:

Sportman van die jaar, sportvrou van die jaar, uitstaande sportbeampte, sportman van die jaar (mense met gestremdhede), sportvrou van die jaar (mense met gestremdhede), junior sportman van die jaar, junior sportvrou van die jaar, span van die jaar, sportvereniging van die jaar, hoër sportskool van die jaar, laer sportskool van die jaar, sport-aanhanger van die jaar en ’n spesiale meriete toekenning.

Die Ekurhuleni-sporttoekennings is verlede jaar vir die eerste keer by Emperors Palace in Kempton Park gehou.

  • Vir meer inligting bel vir Pieter Lötter by 011 999 0695 of stuur ’n e-pos na pieter.lotter@ekurhuleni.gov.za.
  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs