Saterdag 19 April 2014
Tuisblad / Nuus / Einde van N12-padwerk eindelik in sig

Nog net vier maande.

Dit is hoe lank die padwerk tussen die Rietfontein-afrit (R21) en die Tom Jones-afrit op die N12 nog gaan duur.

Die verwagte voltooiingsdatum van die opgradering van dié stuk pad van 10km wat motoriste reeds die laaste drie jaar grys hare gee, is einde Maart volgende jaar.

“Die projek is 95% klaar,” sê Henk Kaal, ’n ingenieur by die projek.

Volgens Kaal is dit net afrondingswerk wat nog oorbly.

Dit behels onder meer die finale bedekking van die padoppervlak, die opsit van padtekens en verf van lyne, die voltooiing van die dreineringstelsel en erosiebeskermingsmaatreëls, die oprigting van ligte en heinings en die voltooiing van die padskouer.

Padwerk op dié stuk pad word vir die feestyd gestaak en dit sal weer op 8 Januarie hervat word. Kleiner werkspanne sal nog tot 21 Desember lyne verf.

Die verkeer in albei rigtings sal vir die duur van die feestyd steeds tot twee bane beperk wees.

Al die bane by die Rietfontein-afrit op die R21 is reeds vir verkeer oop.

Die beperkings by die Atlas- en Tom Jones-afritte sal so bly vir die duur van die feestyd.

Kaal sê motoriste word versoek om uit die werkgebiede en binne die spoedbeperking te bly.

“Wees ook op die uitkyk vir tydelike tekens en versperrings wat geskuif en in die pad van verkeer beland het,” waarsku hy.

“Maak egter seker dat dit nie doelbewus geskuif is met die oog daarop om ’n motor te kaap nie.”

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom