Woensdag 16 April 2014
Tuisblad / Nuus / Só groei Ekurhuleni

Ekurhuleni lewer die derde grootste bydrae tot Gauteng se ekonomie, het Mandla Nkomfe, die Gautengse LUR vir finansies, onlangs bekend gemaak.

Nkomfe het in Gauteng se ekonomiese terugskouing en vooruitsig gesê Ekurhuleni se ekonomie het tussen 1997 en verlede jaar met 3% gegroei.

Tshwane is die metro in Suid-Afrika wat ekonomies die vinnigste groei teen 4,4%. Die Wes-Rand het die stadigste gegroei teen 0,1%.

“Die stadsraad van Johannesburg het R313 miljard in 2011 bygedra en dit was die grootste bydrae tot die provinsie se bruto binnelandse produk (BBP). Dit is gevolg deur Tshwane met R184 miljard en Ekurhuleni met R128 miljard.”

Nkomfe het gesê Gauteng het verlede jaar ’n geraamde R675 miljard vir die BBP gegenereer (35%), al is dit die kleinste gebied in die land. Die provinsie het 7,7% van Afrika se BBP genereer.

Gauteng se ekonomiese bydrae was meer as KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap s’n saam.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom