Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Parkinsonlyer positief ná brein-stimulasie

Dries Peschel (55) van Nigel het vroeër vandeesmaand ’n diepbrein-stimulasie-operasie ondergaan.

Parkinsonsiekte is sowat 12 jaar gelede by Dries gediagnoseer en hy probeer sedertdien bewusmaking van dié siekte verhoog. Hy het selfs vroeër vanjaar die parlement toegespreek oor die siekte.

Hy het ’n kluitklaplysie (bucket list) waarop hy al onder meer ’n lugballonvaart, valskermspring, Tafel- berg-klim en haaihokduik kan afmerk.

Volgens sy vrou, Annatjie, het die operasie, wat sowat agt uur geduur het, goed afgeloop.

“Hulle het tydens die operasie die masjien getoets en hy het goed gereageer,” vertel sy.

Die operasie is in Rustenburg deur dr. Percy Bezuidenhout gedoen.

Diepbrein-stimulasie behels die inplant van ’n toestel genaamd ’n breinpasaangeër wat impulse na sekere dele van die brein stuur.

Die operasie, wat deur die mediesetegnologiemaatskappy Amayeza Abantu (“medisyne vir die mense” in Zulu) moontlik gemaak is, kan Dries se lewenskwaliteit baie verhoog, sê Annatjie.

“Ons sal later die maand terugkeer na die spesialis en dan sal hulle die steke verwyder en die masjien aanskakel.

“Die masjien sal mettertyd dan sterker gestel en die medikasie sal verminder word.

“Ons wag nog vir die swelling om te sak,” verduidelik sy.

Volgens Annatjie is hulle versigtig optimisties en hulle sal graag wil voortgaan met hul bewusmakingswerk.

“Ons voel goed. Maar natuurlik is ons baie moeg.”

Dries is reeds by die huis en hy slaap reeds baie beter as voor die operasie, sê Annatjie.

Verwante Artikels
  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Ekurhuleni se snelbusdiens
Sal jy Ekurhuleni se snelbusdiens gebruik?
Ja
Nee
Dalk
Ek loop eerder...
top
bottom