Tuisblad / Nuus / Fisiek gestremde kinders moet ook kan leer

Talle fisiek gestremde kinders in Suid-Afrika word van basiese versorging en onderwys ontneem.

Dit blyk uit navorsingresultate wat onlangs deur die nasionale raad vir mense met fisieke gestremdhede in Suid-Afrika (NCPPDSA) bekendgemaak is.

Bykans 70% van sowat 3 000 gestremde kinders in 67 dagsorgsentrums landwyd wat aan die opname deelgeneem het, is ouer as ses jaar en moes dus al in die skool gewees het.

40 van die 67 sentrums word deur uiterste armoede geteister en toestande by die meeste is koud, dikwels onhigiënies, oorvol en nie stimulerend is nie.

Dit is die eerste keer dat navorsing hieroor in Suid-Afrika gedoen is.

“Gestremdheid by kinders is ’n afgeskeepde en ernstige probleem. Die omvang daarvan is nie gedokumenteer nie en word daarom nie op beleid- en diensleweringsvlak verteenwoordig nie,” sê Therina Wentzel, nasionale direkteur van die NCPPDSA in Edenvale.

Luidens die verslag val baie fisiek gestremde kinders deur die krake van die land se onderwysstelsel.

Kinders met gestremdhede word dus verder gestrem weens ’n tekort aan opvoeding.

Vir dié kinders is die moontlikheid groot dat hul beroepsmoontlikhede nie deur hulself beperk word nie, maar deur die onvermoë van die stelsel om hulle te ondersteun. Só kan hulle nie hul volle potensiaal bereik nie, lui die verslag. Vroeë kinderontwikkeling is krities om kinders te help om later in die lewe te vorder.

In die verslag word genoem dat elke kind met ’n fisieke gestremdheid volgens die grondwet die reg het tot opvoeding en om in die land se skoolsisteem opgeneem te word.

Net 61% van die sentrums word deur die regering gesubsideer, en met ’n gemiddeld van net R353 per kind per maand. Net een van die 67 sentrums ontvang geld van die departement van basiese onderwys.

“Dit is duidelik dat die regering nie ingestel is op die toestande waarin gestremde kinders grootword nie en nie gepas reageer met hulpbronne en dienste nie,” het Wentzel gesê.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs