Dinner club as die donderweer dreun
2012-10-17 10:52
Dinner club as die donderweer dreun
Charlea Sieberhagen
Opgelaai deur:
Charlea Sieberhagen
Tema: Koes! Ek kook...

Die drie dinge wat enige meisie se grootste probleme kan oplos. Trooskos. Kuierkos.


Met die eerste oogopslag lyk dit soos ’n toneel uit BBC se realiteitsreeks Come Dine With Me. Vier meisies in hul twintigs. ’n Bottel wyn, pasta en kaaskoek met frambose. Die drie dinge wat enige meisie se grootste probleme kan oplos.

Trooskos. Kuierkos.

Maar ons is nie vier uiteenlopende vreemdelinge wat deur kameras agtervolg word nie. Ons sit nie in die slaapkamer en sê wat ons die meeste geniet en hoe een van die ander ons grensloos irriteer nie. Ons bepunt mekaar ook nie na die afloop van die aand nie.

Nee, dis ons nuutste sosiale hoogtepunt. Dinner Club.

Elkeen kry ’n beurt om gasvrou te speel. Jy kan self besluit hoe eenvoudig of hoe uitspattig jou ete sal wees en jy word in die proses met belangrike vrae gekonfronteer.

Pasta of ’n hoenderpastei? Dalk bobotie? Malvapoeding? Of sal jy jou gaste met ’n ryk stuk koek bederf?

Maar ons nuwe Dinner Club gaan oor meer as net die lekker kos.

Hiloïs wil hotelskool toe gaan, vertel sy terwyl donderweer oor Johannesburg begin dreun. En Nora droom van ’n paar jaar as lugwaardin. Else-Mari wil eintlik sprokiestroues reël.

In Nora se eenslaapkamerwoonstel word die land se politiek van hoek tot kant bespreek. Van Malema, Zille, Zuma tot Pravin Gordhan se rooi das met verlede jaar se begrotingstoespraak.

Die stakings maak ons moedeloos want die rakke in Pick n Pay is leeg en ek sukkel al vir dae om die regte oogpotlood in Clicks te kry. Is Suid-Afrika besig om te verval in absolute chaos? Gaan daar ooit ’n keerpunt wees? Is Lance Armstrong regtig skuldig? Maak dit ooit nog saak? Wat is die waarde van ’n klererekening by Truworths? Gaan ons môre-oggend opstaan en gaan draf?

Op Twitter sou ’n mens seker kon sê #firstworldproblems.

Die weerlig flits oor die liggies van Johannesburg. Ons ruik reën.

Vir nou is ons probleme opgelos. Af-geskaterlag.

Dankie vir trooskos. Dankie vir kuierkos.

facebook
twitter
img
img
img
  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs