Nuus / Waaghalse sê dis nou genoeg

“Nou stop ek, terwyl ek nog regop kan loop.”

So sê André de Kock, waaghals en motorjoernalis van Alberton.

De Kock en sy vriend, Enrico Schoeman, het die naweek hul eie en die wêreldrekord verbeter deur by die Waterberg-wildsfees in Vaalwater deur ’n vuurtonnel van 103,9m te ry. Die wêreldrekord was 68,49m.

“Ons het vir die laaste twee jaar ’n obsessie gehad oor die vuurtonnel. Ons het altyd gesê ons sal stop as ons ’n 100m-tonnel gedoen het. Dít het ons nou gedoen.”

De Kock (58) en Schoeman (55), ’n fotograaf van Boksburg, het albei ligte brandwonde opgedoen.

“Voor ons halfpad was het ek begin voel ek brand. Die motorfiets was ook aan die brand,” vertel Schoeman.

“Ek het net die versneller oopgehou en in die rigting gehou waar ek die laaste keer die wit streep op die pad gesien het. Ek kon niks sien nie en net gehoop ons ry in die regte rigting.”

Die hoofstraat tussen Vaalwater en Ellisras was vir die toertjie gesluit.

The Citizen berig dat ’n gedeelte van die brandende tonnel (wat van staal en karton gemaak en met brandstof deurweek was) agter die ryers ineengestort het toe hulle halfpad deur was.

“As die tonnel voor ons ineengestort het, was ons dood,” sê Schoeman.

“Toe ons eindelik deur is, was die naghemel die mooiste ding wat ek nog ooit gesien het,” voeg hy by.

 

Verwante Artikels
  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Sondag 2013-05-26
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 8° - 26° icon
JHB 6° - 24° icon
BLOEM 6° - 26° icon
DBN 16° - 28° icon
PE 11° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs