Tuisblad / Nuus / Wees bedag by dié plekke

Breek-en-gryp-diefstal is aan die toeneem in Benoni en omliggende gebiede. Tussen drie en vier voorvalle word weekliks daar aangemeld.

Die Benoni-polisie het motoriste gewaarsku om op die uitkyk te wees en die nodige voorsorg te tref.

Lt. Nomsa Sekele, ’n polisiewoordvoerder, het gesê motoriste moet waardevolle items soos handsakke buite diewe se bereik sit.

“Sit die items in die kattebak of waar die diewe dit nie kan sien nie.”

Gebiede waar die breek-en-gryp-diefstalle veral plaasvind is:

  • Morehill
  • N12-Snakeweg-afrit
  • Tom Jonesstraat
  • Bunyanstraat-op- en afrit
  • Rangeviewweg by die Dewald Hattingstraat kruising
  • Lancasterweg naby die Sasol-vulstasie (tussen 05:00 en 08:00 en 18:00 en 23:00)
  • Atlasweg

Sekele het gesê die polisie doen alles in hul vermoë om die diefstalle stop te sit.

“Slagoffers moet alle voorvalle asseblief by die polisie aanmeld.”

 

 

  KOMMENTAAR 
 
Pieter het geskryf:   
2012-08-10 09:15

Ek woon in Benoni en raak bekommerd wanneer ek artikels soos hierdie lees. Daar word gemeld dat die polisie alles in hul vermoe doen om die gevalle van breek-en-gryp-diefstal stop te sit. Wat daarvan om die verkeersligte waar die gevalle plaasvind na spitstyd veral in die aand, oor te skakel na 'n rooi flikkerende lig wat beteken dat dit as 'n vierrigting stop hanteer moet word. Dit sal motoriste help deur nie vir etlike minute by hierdie kruisings te staan met geen aankomende verkeer nie, maar jy moet wag vir die lig om groen te raak voordat jy kan ry en sodoende maak dit jou 'n maklike teiken. Ek vra maar net.
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs