Tuisblad / Nuus / Tooi ’n matriekmeisie

’n Pragtige rok vir matriekafskeid kan ook vir dié wat hul sente moet omdraai, ’n werklikheid word.

Solidariteit Helpende Hand se Kemptonpark-tak samel rokke en bykomstighede vir behoeftige meisies in.

Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om aandrokke, juwele, skoene en grimering vir hul matriekafskeidprojek te skenk.

“Ons wil nie hê een meisie moet haar matriekafskeid misloop omdat sy dit nie kan bekostig nie,” sê Ella Pieterse, die takvoorsitter van die Helpende Hand Kemptonpark-tak.

“Matriekleerlinge moet eerder fokus op hul studies as om hulle te kwel oor klere en grimering vir hul matriekafskeid.”

Met die projek word ’n aandrok, skoene, juwele en grimering verskaf.

Indien die persoon ’n bydrae kan maak, word ’n fooi van R50 gevra.

Die rokke word na afloop van die projek versprei na ander organisasies wat trourokke en strooimeisierokke daaruit skep vir behoeftige vroue.

Bel Ella Pieterse by 082 406 3655 om betrokke te raak by die projek.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs