Nuus / Angelique haal top vyf

Angelique van Dyk (16) van Kempton Park het in die top vyf geëindig tydens die internasionale Miss T.E.E.N.-kompetisie wat onlangs in Texas gehou is.

Angelique is die wenner van die Miss T.E.E.N. Suid-Afrika-kompetisie en het Suid-Afrika verteenwoordig.

“Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Maar dit was ’n baie lekker ondervinding. Alles is anders, die kos smaak anders en die hoeveelhede is soveel groter,” vertel Angelique van haar ervaring in Amerika.

Dennis Lloyd het vir haar ’n kompetisierok ontwerp waarop die gesig van oudpres. Nelson Mandela saam met van sy gesegdes gedruk is. Die rok is ’n huldeblyk aan Mandela wat op 18 Julie 94 word.

“Die meeste mense het geweet wie Mandela is en was mal oor my rok. Hulle het heeltyd foto’s geneem,” vertel dié leerling van die Hoërskool Kempton Park.

Angelique hoop om in die volgende jaar by liefdadigheidsorganisasies soos die John Wesley- tuiste vir meisies in Kempton Park of Reach for a Dream betrokke te raak.

Oor spesiale kos en oefenprogramme sê Angelique sy probeer om gereeld by die gimnasium te kom, maar sy volg geen spesifieke dieet nie.

“Ek glo ’n gesonde leefstyl se resultate is vir ewig.”

Sy hoop om later aan die Mej. Suid-Afrika Tiener-kompetisie deel te neem. Op lang termyn het sy ook haar oog op die Mej. Suid-Afrika-kroon.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-06-18
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs