Nuus / Oos-Rand Stereo ook by Emperors

Oos-Rand Stereo 93.9 het onlangs ’n splinternuwe ateljee by Emperors Palace in Kempton Park geopen.

Dit is dié radiostasie se tweede satellietateljee.

Die weeksdae Drive Time-program sal van hier uitgesaai word van 15:00 tot 18:00 deur die nuwe omroeper, Deborah Dyer.

Sy neem oor by Pedro Fernando en Frans Swart wat die program onderskeidelik 12 en 17 jaar lank aangebied het.

Volgens Retha Potgieter, stasiebestuurder, spog dié nuwe ateljee, nes die hoofateljee in Springs en die ander satellietateljee in Brakpan, met van die beste toerusting.

“As gemeenskapsradiostasie is Oos-Rand Stereo baie betrokke by die gemeenskap en om ons ateljees en werksaamhede uit te brei na ander gebiede in Ekurhuleni maak ons meer deel van die gemeenskap en meer toeganklik,” sê Potgieter.

Die ateljee is moontlik gemaak deur Emperors Palace, wat ook die ontwikkeling daarvan bestuur het.

“Ons is dankbaar vir hul harde werk en die vertroue wat hulle in ons gestel het om dit te doen,” sê Potgieter.

Swart, wat ook programdirekteur is, sê sigbaarheid is vir Oos-Rand Stereo baie belangrik. “Die stasie het so gegroei dat die satellietateljees eintlik ’n natuurlike uitvloeisel is.”

Hy meen dis juis ideaal om die middag-program van Emperors Palace uit te saai omdat duisende mense na dié casino stroom om uit te eet of na vertonings te kyk. “Die gesig van radio het verander. Mense wil jou sien. Radio móét ’n gesig hê,” sê Swart.

Oos-Rand Stereo het in Maart sy satellietateljee in die Mall@Carnival in Brakpan bekend gestel.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs